Meld asb by die kombuis aan vir registrasie wanneer u by die kamp aankom.
Ouers kamp in die area regs van die swembad gesien vanaf die kamp ingang.
Motors moet asb nie tussen tente parkeer word nie, om brandgevaar te verminder. Parkeer areas sal aangedui word.
Ouers slaap in tente behalwe vir waar spesifieke reëlings met Pietrou getref en bevestig is.
Daar is ‘n ouerinligtingsvergadering Vrydagaand. Hierdie vergadering is verpligtend vir alle ouers.
Geen alkohol mag voor 22:00 buite die ouer kamp area gebruik word nie en geen persoon wat alkohol gebruik het of na drank ruik mag by aktiwiteite met kinders betrokke wees nie.
Daar is ‘n koffie tafel vir volwassenes by die kombuis en daar sal ‘n snoepie beskikbaar wees.