Busse vertrek 14:30 vanaf Laerskool Tygerpoort en 14:45 vanaf Laerskool Skuilkrans. Enige een kan by enige van die 2 skole opklim.
Meld asb by die kombuis aan vir registrasie wanneer julle by die kamp aankom.
Alle kinders behalwe GrR’e, Gr7’s en Gr11’s slaap in lokale.
Drag vir alle seremonies tydens die kamp is kamp formeel (denim langbroek, blou golfhemp en erkenningsbaadjie).
Alle medikasie moet duidelik gemerk wees met die kind se naam en gebruiksaanwysings en moet met registrasie ingehandig word, dit sal deur die mediese beamptes uitgedeel word.
Kinders wat allergies is vir bye of asma kry moet asb die medikasie wat hulle benodig in geval van bysteek of ‘n asma aanval saambring en by hulle hou indien nodig.
Bring indien moontlik papier borde saam (5 etes).
Ons beplan dat die busse 13:30 – 14:00 terug sal wees Sondag.
Daar sal ‘n snoepie wees.