Digitale platform
17 Sep 2018 from Voortrekkers Transvaal
Beste Voortrekker
Ons is besig met die ontwikkeling van ‘n digitale platform vir die Voortrekkers. Daar is so baie offisiere wat baie inligting, aanbiedingsmateriaal en idees het. Dit sal wonderlik wees as jy dit met ons kan deel sodat ons dit beskikbaar kan stel vir ander offisiere. Dit maak nie saak in watter formaat of hoe volledig dit is nie. Ons sal dit taalversorg en in ‘n mooi formaat uitlê. Dink net hoe baie dit sal help as jy ‘n kenteken vir PD’s of Verkenners wil aanbied en jy het klaar al die aanbiedingsmateriaal.
Wat kan jy instuur?
1) Idees wat ons kan omskep in Hoe om’s
2) Inligting en aanbiedingsmateriaal van kentekens wat jy al aangebied het
3) Enige speletjie, vasvrae of inligting wat jy gebruik het om graadwielwerk aan te bied
Stuur inligting en idees aan karin.stoffberg1@gmail.com. Indien moontlik voor 30 September 2018.
By voorbaat baie dankie.
Groete
Sinta Robbertse
Kantoorbestuurder
Hoofkantoor